Vertaaldienste 2025
Welkom by iiTranslation. Ons is daartoe verbind om akkurate vertalings van opvoedkundige, regs-, mynbou- en mediese dokumente te verskaf, asook ’n wye verskeidenheid ander materiaal. Ons vertalings word idiomaties verskaf in Suid-Afrika se amptelike tale: Zulu, Xhosa, Afrikaans, Noord-Sotho (Pedi), Tswana, Suid-Sotho, Tsonga, Swati, Vensa en Ndebele. Al ons vertalings word gewaarborg om aan internasionale tegniese standaarde te voldoen.
Kyk na die gehalte van ons vertalings! Vir nege uit tien Suid-Afrikaners met huistaalkundigheid, klik bloot op die vertaal-knoppie bo regs op die werf en geniet die lees.
Aangesien al ons materiaal word deur ervare, kundige vertalers in hulle eerste taal vertaal, sal jy vind dat ons vertaalde webwerf geheel en al toeganklik en insiggewend is. Jy sal ook opmerk dat die vertaalde teks nie spel- of grammatikafoute bevat nie en ’n korrekte weergawe van die oorspronklike dokument is.
Waarom ons kliënte ons kies
- Terwyl die meeste vertaalmaatskappye dienste vir al die groot wêreldtale aanbied, fokus ons uitsluitlik op Suid-Afrikaanse tale.
- Talle diensverskaffers maak op kunsmatige intelligensie en vertaalgeheues staat om woordtellings te verminder, maar ons tegnologie doen een ding: dit verskaf noodsaaklike proeflees- en taalondersteuning aan kundige menslike vertalers om te verseker jou vertaling is op dieselfde vlak as die Engelse weergawe.
- Ons laat geen Suid-Afrikaanse taal agter nie, en ons lewer altyd betyds.
Gehalte: Gesertifiseerde kundigheid wat jy kan vertrou
Wanneer tegniese dokumente vertaal word, werk ons uitsluitlik met gekwalifiseerde, eerstetaal-vertalers wat tersaaklike, vakgerigte ervaring het. Ons minimum vereiste is ’n akademiese kwalifikasie van ’n geakkrediteerde Suid-Afrikaanse universiteit. Verder het al ons vertalers ten minste 10 jaar se professionele ervaring op ’n hoë vlak. As ’n vertaaldiensverskaffer is ons altyd gereed om sertifikate te verskaf wat ons span se kwalifikasies en ervaring uiteensit.

MS Word-speltoetsing
Jou vertaalde dokumente ondergaan dieselfde spel- en proefleestoetsing as jou Engelse weergawe – iets wat talle ander verskaffers nie kan aanbied nie. Ons gebruik MS Word se ingeboude speltoetser om seker te maak dat daar geen spelfoute in die vertaling is nie. Ons proefleeswoordeboeke is ontwerp vir eietydse taal, en ons is trots daarop dat ons konsekwent akkurate vertalings verskaf wat met die oorspronklike dokument ooreenstem. Ons demonstreer dit graag vir enige Suid-Afrikaanse taal.

Spertye
Ons begryp dat indien projekte betyds gelewer moet word, ons die sekerheid moet verskaf dat vertalings jou span voor of op die spertyd sal bereik. Ons bou ons besigheid daarop om deurlopend aan ons kliënte se verwagtinge te voldoen en sal nooit ’n spertyd aanvaar wat ons vertalers nie kan nakom nie.

Kwotasies
Die maklikste manier om ’n kwotasie te kry, is om jou dokument per e-pos aan ons te stuur by info@iitranslation.com , tesame met die tale wat jy verlang, en die spertyd. As jy nie seker is van die tale wat die meeste in jou stad of provinsie gepraat word nie, help ons graag. Ons span sal binne vyf minute gedurende besigheidsure op versoeke om kwotasies reageer.